Opvolg: Verdagtes in hof na moord
Die twee verdagtes wat kort na die moord op Sarel Janse van Rensburg op Tonteldoos gearresteer is, het in die Middelburg hof verskyn.
Papiki Mokwena en Eric Mtombeni staar klagtes van roof, menseroof, moord en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, in die gesig.
Beide het aansoek gedoen om regshulp.
Staatsaanklaer Riaan Louwrens het borg teengestaan en die saak is uitgestel tot volgende week vir ’n formele borgaansoek.
Die mans bly in aanhouding tot dan.

Daar is aanvanklik gedink dat hy dood is as gevolg van ’n meswond maar daar is later vasgestel dat hy ook in die kop geskiet is, vermoedelik met een van sy eie gewere.
Die mans is deur lede van die gemeenskap in samewerking met plaaslike polisie offisiere vasgetrek.
Volgens een van die mans wat betrokke was by hul aankeer, Barries Labuschagne, het die mans later gaan uitwys waar hulle die wapens en ’n paar gesteelde goedjies van mnr. Janse van Rensburg weggeggooi het toe hulle voorgekeer is.
• Daar is vasgestel dat die mans moontlik met ander misdrywe in die omgewing verbind kan word.

