Crime

Ouma wurg seun

Die huishulp wat skuldig bevind is aan aanranding met die opset om ernstig te beseer, nadat sy 'n vyftienjarige seun gewurg en gekrap het, is 'n opgeskorte vonnis opgelê en is tien maande onder huisarres geplaas.

Phumuzile Jane Mhlongo (48) is Donderdag tot korrektiewe toesig gevonnis, nadat sy vroeër deur landdros Deon Minnie skuldig bevind is aan aanranding met die opset om ernstig te beseer, met opsetsvorm dolus directus (wat beteken dat sy die doel gehad het om die seun te beseer).

Die skuldigbevinding en vonnis volg na aanleiding van ‘n voorval op 29 November 2012 waartydens Mhlongo die seun (wie se naam weerhou word op versoek van sy ouers) aan die keel beetgekry het.

Die beserings wat die tweejarige opgedoen het.
Die beserings wat die tweejarige opgedoen het.

Op die betrokke dag het die seun saam met sy suster en ‘n driejarige kind by die gastehuis (waar Mholongo werk) ingegaan. Die kinders se hond het hulle sonder hul kennis na die gastehuis gevolg en Mhlongo het hulle streng aangespreek deur te sê dat die hond nie toegelaat word nie.

‘n Argument het ontstaan en Mhlongo het op ‘n stadium die kind gewurg en hy het ook krapmerke gehad. Syself het ‘n blou oog in die onderonsie opgedoen toe die seun, volgens sy getuienis, haar op ‘n stadium weggestamp het van hom af.

Die ma het later getuig dat sy Mhlongo verskeie kere met haar been moes stamp, voordat sy haar greep om die kind se keel gelos het.

Mhlongo is twee jaar gevangenisstraf opgelê wat opgeskort is vir vier jaar. Sy is ook 10 maande korrektiewe toesig opgelê, waartydens sy ‘n lewensvaardigheid, verantwoordbaarheids- en woedebestuursprogram moet volg.

Sy sal vir die volgende 10 maande onder huisarres wees en 16 ure gemeenskapsdiens per maand moet verrig.

Ter versagting het die hof in aanmerking geneem dat sy tydens die aanranding ‘n besering opgedoen het deurdat haar linkeroog toegeswel was na die vuishou, wat die klaer haar per ongeluk toegedien het.

Agnes Sali Mkhwebane (40) is verlede jaar tronk toe gestuur nadat sy haar werkgewers se tweejarige kind erg aangerand het.
Agnes Sali Mkhwebane (40) is verlede jaar tronk toe gestuur nadat sy haar werkgewers se tweejarige kind erg aangerand het.

Haar regsverteenwoordiger, mnr. Werno van Aswegen, het ook ter strafversagting aangevoer dat Mhlongo ‘n ouma is, dat sy as huishulp verskeie kinders help grootmaak het, dat sy reeds 10 jaar by ‘n gastehuis werk en dat sy ‘n eerste oortreder is.

Hy het melding gemaak dat die pa van die kind gesê het dat sy seun nie blywende skade opgedoen het nie, maar meer teruggetrokke geraak het na die voorval. “Dit kan egter nie toegeskryf word aan die aanranding wat plaasgevind het nie.”

• Me. Lizel Herbst het aangekla vir die staat.

• In September verlede jaar is Agnes Sali Mkhwebane (40) deur landdros Minnie tronk toe gestuur nadat sy in 2012 haar werkgewers se tweejarige dogtertjie erg aangerand het. Sy is skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Die hof het gelas dat sy ten minste tien maande van die vyf jaar vonnis moet uitdien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button