Crime

38 honde in 20 dae vergiftig

'n Totaal van 38 honde is binne slegs 20 dae vergiftig in veral Kanonkop en Dennesig.

Dié skokkende statistiek is hierdie week deur senior inspekteur Petro Oberholzer (Bestuurder, Middelburg DBV) bekend gemaak, nadat sy navraag gedoen het by al die veeartse en die radiogroepe op die dorp.

In byna al die gevalle het die honde die gevreesde Two Step-gif (Temik) ingekry en is daar by vele van dié huise ook ingebreek. In die jongste voorvalle is honde in Piet Groblerstraat (Dennesig) en Springbokstraat (Kanonkop) vergiftig.

Radiogroeplede van die verskillende radiogroepe, soos Middelburg Zello 911 en Kanonkop/Dennesig/Middedorp Sektor vier, die ander sektore en GPF-groepe het kort-kort gedurende die naweek patrollies gery om misdaad te probeer bekamp.

Sondagaand omstreeks 23:00 het die lede ook in Cowen Ntulistraat naby Amora Voëlpark rondgery.

Van die lede het ‘n beweging opgemerk by die waterpype naby die eerste spoedwal op pad na Gholfsig en ondersoek gaan instel.

Volgens mnr. Jacques van Niekerk (van Zello 911) het hy afgeklouter na die waterpyp en iets by die bek van die pyp gesien en dit met ‘n stuk stok nader getrek.

Hy het aanvanklik gedink dit is ontlasting wat in iets toegemaak is. By nadere ondersoek het hy gevind dat dit Temik gif is wat in ‘n stofmasker lê. Alhoewel twee mense in die omgewing opgemerk is, het hulle egter in die omgewing van die gholfbaan die nag in verdwyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button