Teller oopgeblaas
‘n Standardbank tellermasjien by die Wonderpark Sentrum in Walter Sisulustraat is Woensdagoggend met plofstof oopgeblaas. Stukke van die masjien het vir meters, op die stoep van die gebou asook tot in die parkeerarea, gesaai gelê. Volgens omstanders op die toneel het die voorval tussen 02:30 tot 03:00 die oggend gebeur. Die polisie se forensiese eenheid …
‘n Standardbank tellermasjien by die Wonderpark Sentrum in Walter Sisulustraat is Woensdagoggend met plofstof oopgeblaas.
Stukke van die masjien het vir meters, op die stoep van die gebou asook tot in die parkeerarea, gesaai gelê. Volgens omstanders op die toneel het die voorval tussen 02:30 tot 03:00 die oggend gebeur.
Die polisie se forensiese eenheid het tot in die vroeë oggendure gewerk om die toneel te fynkam vir leidrade. Onbevestigde gerugte lei dat drie verdagtes kort na die voorval gearresteer is.
Twee reaksie offisiere van Mid Alarms het die ontploffing gehoor en hul na die toneel gehaas. Hul bestuurder, Dricus Oosthuizen, kon bevestig dat hulle op die toneel was maar hy sê dat hulle nie self die arrestasies gedoen het nie.
Die twee reaksie offisiere kon nie voor druktyd bereik word nie omdat hulle nagskof gewerk het.
Die Middelburg Polisie se kommunikasie beamptes was ook nie teen druktyd beskikbaar om oor die aangeleentheid kommentaar te lewer nie.

