CrimeUpdate

Die sentrale misdaadgebied

In die laaste week is 'n bejaarde se vinger byna afgebyt en 'n pastoor met 'n naald in die nek gesteek in die sentrale 'misdaadgebied'.

Dit is hoe sakelui die Sentrale Sakesektor al aanspreek in veral OR Tambo- en SADCstraat.

‘n Sakevrou (wat verkies om anoniem te bly) was nie verbaas toe sy die Observer se Dinsdag uitgawe koop en sien dat daar weer iemand aangeval is nie.

Past. Ben van Staden is Saterdagmiddag met ‘n naald in die nek gesteek, toe hy ‘n straatrower gekonfronteer het wat sy voertuig se deur oopgemaak het.

Die booswig se makker het doodluiters op hom afgestap en hom in die nek gesteek.

Met sy tuiskoms, het sy vrou, Ria, gesien dat hy met ‘n naald gesteek is. Past. Van Staden sê hy was dronk en duiselig na die voorval en was Sondag ook lyfseer.

Die sakevrou sê sy en ander sakelui sien op ‘n daaglikse basis hoe mense beroof word. “Hulle dreig die mense met skroewedraaiers en messe!”

‘n Groep van agt werk saam. Sy het al ‘n paar keer by haar besigheid uitgehardloop om slagoffers te help.

Die rowers het haar al in geen onduidelike taal nie die “wit hond” genoem en ook gedreig dat hulle haar “gaan uithaal.”

“Ons het ‘n vergadering gehad met die polisie, maar as die polisie patrollies ry, staan die rowers net ‘n rukkie stil of skuil agter iets. Hoe lank gaan dit nog aanhou? Mense wil nie meer Middedorp toe kom nie. Dit maak ons besighede seer!”

Die vrou het vertel van drie voorvalle waarvan sy ooggetuie was net vanaf Donderdag tot Vrydag.

• ‘n Bejaarde man het sy voertuigdeur oopgesluit en die agterdeur oopgemaak. Toe hy terugdraai om die sleutel uit die slot te haal, was dit skoonveld. Die booswigte het sy sleutel uitgepluk, dit in ‘n asblik gegooi, waarna een bo-op die asblik gaan sit het.

• ‘n Indiërvrou het haar voertuig oopgesluit en was nog besig om haar baba in die voertuig te laai, toe straatrowers haar handsak gryp.

• ‘n Bejaarde man het Vrydag ‘n persoon te hulp gesnel tydens ‘n rooftog in SADCstraat. Een van die rowers het hom toegespits op die bejaarde, hom beetgekry, sy hemp oopgeskeur en aan die vinger gebyt. “Hy het die vinger byna deurgebyt! Die oom moet nou antiretrovirale middels gebruik!”

Lees nog verwante stories hier:

Met naald in nek gesteek

Heroin worth millions seized

Middelburg crime hotspots

Crime – SHOUT it out!

Die vrou het genoem dat ‘n parkeerjoggie tydens die voorval nader gehardloop het om die bejaarde te probeer help, maar die rowers het hom met ‘n mes gedreig en hy moes vlug.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button