Duur motorfietse gesteel
Twee duur Italiaanse motorfietse is uit ’n motorhuis op Middelburg gesteel terwyl ’n egpaar gesit en televisie kyk het.

Me. Debbie Stead sê hulle is nie seker presies wanneer die motorfietse, twee identiese wit MV Agusta F4R, gesteel is nie.
Hulle vermoed dit moes die nag tussen 22:00-02:00 gebeur het, want hulle het tot sowat 02:00 gesit en televisie kyk.
Die volgende oggend toe mnr. Stead verby die hek ry op pad werk toe, het hy gesien dat die hek oopstaan en die motorhuisdeur wat oopforseer is.
Me. Stead sê hulle het die motorfietse die dag na hul troue in Desember 2012 gekoop. Hulle het op daardie stadium R189 000 per motorfiets betaal. Die vervangingswaarde nou is al meer as R200 000 elk.
Lees ander nuus hier:
Video: Verkeer ontwrig deur gevaar
Video: Bakkie tref kroegmuur – jong inwoner sterf
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396
Also check out our Video’s on Youtube daily!


