Crime

Kitsbankbende teister provinsie

Mpumalanga word geteister deur ’n kitsbankbende wat nie skroom om enigeen wat in hul pad kom dood te skiet nie.

Hulle het die afgelope twee maande reeds verskeie kitsbanke opgeblaas. In die meeste gevalle is dit Standerd Bank kitsbanke wat oopgeskiet word.

In die jongste voorval is die Standard Bank kitsbank by Kanonkop Spar op Middelburg opgeblaas en het die rowers met ’n R5 aanvalsgeweer op mnr. Johan Janse van Rensburg en sy dogter, Amór (19), losgebrand.

Mnr. Oubaas de Jager (van ACSU, Ermelo) is oortuig dat dit dieselfde bende is wat op die dorp toegeslaan het.

Op 9 Mei vanjaar is die twee Standard Bank kitsbanke opgeblaas by Midwater Spar op Middelburg en op radiogroeplede losgebrand. Een van die rowers was ’n vrou en daar kan op videomateriaal gesien word hoe sy soos ’n opgeleide rampokker een van die aanvalsgewere dra.

Die kitsbank wat in die Midwater sentrum opgeblaas is.
Die kitsbank wat in die Midwater sentrum opgeblaas is.

Exclusive video of ATM bombings at Midwater Centre

Standard Bank ATM bombed at Midwater Centre

’n Paar dae later word Hardus Truter en sy vriend Marno van Tonder gewond toe ’n voertuig wat hulle verbysteek op die ou Witbankpad op hulle losbrand.

Twee ure later word mnr. Bashini Nkosi ernstig gewond en mnr. Dirk Ackermann doodgeskiet toe kitsbankrowers op hulle skiet nadat die Standerd Bank kitsbank opgeblaas is by die Oak Sentrum op Ermelo. Hulle het as sekuiteitslede van ACSU op die alarm gereageer, maar een van die rowers het hul ingewag en op hul voertuig geskiet.

Mnr. Nkosi is in die maag gewond en mnr. Ackermann is van agter af in die kop geskiet. Hy is op die toneel dood.

• www,mobserver.co.za het pas verneem dat ’n poging tot moord saak geopen is ten opsigte van die voorval waar daar op mnr. Janse van Rensburg se voertuig geskiet is.

Video: Kanonkop Spar kitsbank opgeblaas

Mhluzi ATM thieves get R0

Eid Mubarak to our Muslim readers

Video: Security guards must move

Complaints againts ABSA on the rise

Five suspects in handcuffs escapes police custody

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button