Opvolg: Kitsbank laasnag opgeblaas
’n Kitsbank is vanoggend in die vroeë oggendure opgeblaas en ’n sekuriteitswag gewond.

Die voorval het plaasgevind by die Cornwall Hill winkelsentrum in Elarduspark en daar word bespiegel dat dit dieselfde bende kan wees wat in Mpumalanga opereer.
Dié kitsbank is omstreeks 02:30 opgeblaas en die rowers het losgebrand op sekuriteitswagte van Bull Sekuriteit. Een van die sekuriteitswagte is in die arm gewond en deur Netcare911 na die Pretoria Oos Hospital afgevoer.
• Dit is op hierdie stadium onduidelik watter kitsbank opgeblaas is, maar daar is betroubaar verneem dat die rowers weggekom het met ’n onbekende bedrag geld.
• Verlede Dinsdag is die Standard Bank kitsbank by Kanonkop Spar opgeblaas en is daar met outomatiese aanvalsgewere geskiet op mnr. Johan Janse van Rensburg en sy dogter, Amór. Hulle is gelukkig nie ernstig beseer nie.
Lees verwante stories hier:
Video: Kanonkop Spar kitsbank opgeblaas
Exclusive video of ATM bombings at Midwater Centre
Standard Bank ATM bombed at Midwater Centre
In Meimaand is die twee Standard Bank kitsbanke by die Midwater Sentrum op Middelburg opgeblaas en geskiet op radiogroeplede toe hulle ondersoek gaan instel..
Sowat ’n week later is twee jong mans gewond toe insittendes in ’n verbygaande voertuig op hulle geskiet het.
Twee ure later is ’n sekuriteitswag van ACSU (Ermelo) gewond en sy kollega doodgeskiet toe die Standard Bank kitsbank by ’n winkelsentrum op Ermelo opgeblaas is.
Lees ander stories hier:
Eid Mubarak to our Muslim readers
Video: Security guards must move
Complaints againts ABSA on the rise
Five suspects in handcuffs escapes police custody
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396
Also check out our Video’s on Youtube daily!
