CrimeUpdate

(Opvolg) Video: ‘Soos hond’ dood geslaan

Kringtelevisie videomateriaal wat wys hoe ’n man ’n Volkswagen Golf by ’n vulstasie steel word moontlik verbind met die moord van 'n jong man in Belfast die afgelope naweek. Pierre De Necker is Vrydagaand in ’n bendegeregtigheid voorval doodgeslaan.

Op die video sien mens hoe ’n man by ’n vulstasie stop om sy wiele te pomp. Terwyl hy besig is by die agterste wiel, kom ’n man geklee in ’n weermag baadjie met ’n kappie oor sy kop getrek, aangestap. In sy een hand het hy ’n vuurwapen en in die ander ’n knuppel.

Hy rig die vuurwapen op die gebukkende man. Toe die man probeer orent kom gee sy aanvaller hom ’n hou oor die kop wat hom laat vlug. Die gewapende rower klim dan rustig in die voertuig en ry weg.

Die voertuig is volgens ’n polisieverklaring op 8 Julie deur die regmatige eienaar in die Belfast middedorp raakgesien. Hy het die voertuig, wat op daardie stadium deur De Necker bestuur is, met die hulp van vriende agterna gesit.

Lees vorige storie hier:

(Grafiese inhoud) – ‘My kind is soos hond dood geslaan’

De Necker en sy vriende is vasgekeer toe hulle in Lobeliastraat op Belfast, wat doodloop, ingery het. Hy is uit die motor gepluk, terwyl sy vriende, wie se identiteit onbekend is, daarin geslaag het om weg te hardloop. De Necker is daarna wreed deur ’n groep mense, wat uit mans en vrouens bestaan het, aangerand.

Hy is die volgende dag in die Belfast Hospitaal dood.

Lees ander stories hier:

Eid Mubarak to our Muslim readers

Video: Security guards must move

Complaints againts ABSA on the rise

Five suspects in handcuffs escapes police custody

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396

Also check out our Video’s on Youtube daily!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button