Opvolg: Pierre was ’n ‘happy hippie’
“Wat ’n happy hippie kind was hy nie. Hy was beleefd en altyd ’n treat om mee te gesels.”
So beskryf ’n jarelange inwoner van Belfast vir Pierre de Necker, die jongman wat verlede Vrydag deur ’n woedende groep mense aangerand is en die volgende dag aan sy wonde beswyk het.
“Almal het vir Pierre geken.” Die inwoner sê dat Pierre se bynaam Happy was omdat hy altyd blymoedig was.
Pierre is die laaste keer gesien, minute voor sy aanval, deur die inwoner toe hy haar gerusgestel het dat die motor voor haar hek, sonder nommerplate, aan hom behoort.
Kort daarna is Pierre vermoedelik in Lobeliastraat, wat soos ’n perdeskoen in dieselfde straat inloop, vasgekeer deur karre van beide kante af.
Hy is so erg geslaan dat daar ’n gat in sy kop is “waardeur jy sy brein kon sien”. Op sy lyf was daar hale waar hy met ’n sambok en vermoedelik ’n poelstok geslaan is.
Hy is Vrydagnag bewusteloos hospitaal toe gevat. Saterdagmiddag is hy dood. Al wat Pierre se ouers van hom oor het is bebloede klere en ’n swartsak wat waarskynlik die moordwapens bevat waarin die polisie skynbaar nie belangstel nie.
Teen Dinsdag, drie dae na Pierre se dood, kon die Middelburg Observer vasstel dat die klere asook die bewysstukke wat op die toneel opgetel is, nog nie by die De Necker ouerpaar gaan haal is nie.
Sedertdien het die polisie soos ’n mossel toegeklap en dui hul stilswye daarop dat iets nie pluis is nie.
Pierre se roudiens vind Vrydag (vandag) plaas om 11:00 vanuit die NG Kerk in Belfast.
Lees vorige stories hier:
(Opvolg) Belfast moord: die aaklige nadraai
Opvolg: De Necker verdagtes laat gaan
(Opvolg) Video: ‘Soos hond’ dood geslaan
(Grafiese inhoud) – ‘My kind is soos hond dood geslaan’
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396
Also check out our Video’s on Youtube daily!
