Crime

(Video) Nuusflits: Transito-rooftog loop skeef

’n Transito-rooftog het skeefgeloop toe ’n SBV-transitovoertuig op die R33 naby Carolina aangeval is.

Die wit Toyota-bakkie, met drie SBV-wagte, was vanaf Belfast na Carolina onderweg, toe ’n wit BMW X5 omstreeks 07:30 op hulle afjaag en begin skiet.

Volgens konstabel Dumile Malaza, polisiewoordvoerder van Carolina, het die BMW teen ’n hoë spoed gery, voordat hulle op die voertuig begin skiet het.

“Die aanvallers het met R5’s geskiet en een van die die wagte is in die been raakgeskiet. Die BMW het weggejaag en die wag is deur nooddienste hospitaal toe vervoer.”

Alles het baie vinnig gebeur en die wagte kon nie sien hoeveel aanvallers in die voertuig was nie.

“Dit is die eerste keer wat ons so voorval het. Ons het dadelik die Middelburgeenheid gebel om die aanvallers voor te lê. Die wapens behoort nog in hulle voertuig te wees,” sê konstabel Malaza.

Volgens konstabel Malaza, het die SBV-voertuig nie ’n begeleidingsvoertuig gehad nie.

Die bakkie se tenk is ook raakgeskiet, maar daar is nie een sent gesteel nie en niemand, buiten die een wag, is beseer nie.

“Hulle het geen geld gekry. Ons was te vinnig op die toneel.”

•Dit is die tweede soortgelyke voorval die laaste week in die omgewing.

Lees ander stories hier:

Cash in transit heist

Blood trail ends in Gauteng

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396

Also check out our Video’s on Youtube daily!

Back to top button