Die 19-jarige gillende meisie is in die vroeë oggendure deur ’n egpaar op ’n sypaadjie in Paulstraat gevind. Sy het kort na middernag vanaf ’n gewilde nagklub in eMalahleni verdwyn.
Sy het later vertel dat sy en haar vriend gedans het en dat sy ’n paar slukkies van ’n Savanna drankie gedrink het. Wat sy wel van die gebeure onthou, is dat daar ’n vrou oorkant hulle by ’n tafel gesit het, wat haar beursie en hul drankies dopgehou het.
Haar vriend het gaan dans en met sy terugkeer was sy weg, waarna ’n grootskaalse soektog na die meisie geloods is.
Die egpaar wat haar op die sypaadjie gevind het, het haar met ’n kombers toegedraai en na die polisie geneem.
Die meisie se klere is later ’n entjie van die plek waar sy gelê het, gekry. Dit is weggestuur vir forensiese-ontleding.
Daar word ook nog vir uitslae gewag of sy verkrag is. Die moontlikheid bestaan dat sy teen haar ontvoerder kon baklei het, aangesien haar naels gebreek is, sy ’n merk oor haar neus het en haar enkel seer is.
• ’n Soortgelyke voorval het in Middelburg plaasgevind toe ’n meisie met ongeveer dieselfde ouderdom in Februarie vanjaar op ’n sypaadjie voor ’n gastehuis gevind is.
Haar ken was oopgesny en haar klere was vol bloed. Haar hande was ook stukkend en sy het gekla dat haar arms ’gevoelig’ is.
•Indien lesers van www.mobserver.co.za enige inligting oor die twee voorvalle het kan hulle Daleen Naude bel by 013 2431434 of 072 248 3855.
Lees ander stories hier:
(Opvolg) Video: Vroue praat oor polisie kaptein
Video: Ondersoek na meisie langs pad
Panic over rape, murder in our town
Send a message to us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
