Crime

Video: Die dood wag op elke straathoek

OD! Dood! Dood! Dood ! Dood.....! So ego dit deur die strate van Middelburg.

En die monster wat jong lewens een na die ander vernietig is dwelms.

Die tweede jong pa het binne maande eensaam en alleen na ’n oordosis dwelms in ’n openbare toilet gesterf.

Edmund Doubell is in Maart dood in die toilette van die Middelburg Mall gekry, na’n oordosis heroïen.

Verlede week is Shaun Saunders dood gekry in ’n toilethokkie by die Oaks Sentrum na ’n oordosis, of soos dit graag genoem word, “ge-OD”.

Net ure vantevore het hy afskeid geneem van pastoor Jannie Jacobs wat dwelmverslaafdes onder sy vlerk neem. Hy sou na sy ouers op Kimberley reis, nadat hy die naweek in die polisieselle deurgebring het weens sy dwelmmisbruik.

Die pa van ’n vierjarige seuntjie is Vrydag deur pastoor Jacobs begrawe.

Dood!

Daardie woord weergalm hard deur Middelburg se strate nadat die Suid-Afrikaanse Narkotika Bure se deure gesluit en dwelms die dorp oorstroom het.

Ashley Dormehl, Reinhard Meintjies, Xander Jansen en Jean-Mari Hanger, is enkele van die name.

Die lys is veel-veel langer, maar ouers is te skaam om te erken hulle kinders het gesterf nadat hulle dwelms misbruik het.

Briljante jong inwoners, wat net vier jaar terug nog in een van die spogskole met top uitslae gespog het, staan vandag op straathoeke en bedel vir geld sodat hy sy daaglikse fix kan kry.

Pastoor Jacobs het Vrydag gesê dwelmverslaafdes word soos klein hondjies by hom afgelaai. Hy voer saam met die Oorwinnaars-groep ’n verbete stryd om jong verslaafdes se lewens te red.

In die plaaslike hof is daar gereeld dwelmsake. Meeste van hulle is lagwekkend, beskuldigdes wat gevang word met ’n blaartjie dagga waarvoor hy ’n paar honderd rand boete betaal.

Intussen is die vraag wanneer die dodelike kombinasie van OD en dood…weer deur die dorp gaan weergalm…

Waar is die heroïen handelaars? Hoekom gaan daar so baie van ons jongmense dood maar die mense wat hulle met die moordwapen verskaf, word nie gevang nie? As jy heroïen om elke hoek en draai kan koop, hoekom word daar nie handelaars om elke hoek en draai gearresteer nie?

Read other stories here:

Video: Mob justice at Ultra City

Video: Kanonkop Spar kitsbank opgeblaas

Exclusive video of ATM bombings at Midwater Centre

Standard Bank ATM bombed at Midwater Centre

(Opvolg) Belfast moord: die aaklige nadraai

Opvolg: De Necker verdagtes laat gaan

(Opvolg) Video: ‘Soos hond’ dood geslaan

(Grafiese inhoud) – ‘My kind is soos hond dood geslaan’

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button