Crime

Inbrekers gedra hul soos varke

Inbrekers het hulle soos varke gedra en nie net honde by ’n huis in Buffelstraat (Kanonkop) vergiftig nie, maar ook hul eie uitskeidings op die bure se grasperk gelos!

Die Visser-gesin het kort na 02:00 vanoggend (Vrydag) agtergekom hul bulterriër, Cujo, wat agter in die erf is, blaf aanmekaar. Hulle het hom probeer stilmaak, maar hy het later ook begin grom.

Mnr. John Visser het vanaf hul hoofslaapkamer na die voorkant van die huis gegaan, waar hy deur die venster gekyk het.

Hy het dadelik gesien dat ’n groep van vier besig is om een van hul motorfietse oor die muur te probeer tel.

Hy het teen die venster geslaan en op hulle geskree, waarop die groep die motorfiets neergesmyt en laat spaander het.

By nadere ondersoek het hulle gesien dat die booswigte met ’n voertuig voor op die grasperk op die sypaadjie gestop het. Daar was diep gleuwe in die gras soos hulle met tollende bande weggejaag het.

Mnr. Visser het op hierdie stadium agtergekom dat sy buurman, Donovan Cant, se honde nie meer blaf nie en het hom dadelik gebel.

Mnr. Cant was egter reeds buite en het sy twee honde, Chivas (’n bokser/boerboerkruising) en Malibu (’n labrador) dood buite gekry. Hy het onraad vermoed toe hul vier hondjies in die huis erg begin blaf het.

Me. Natalie Cant het hartseer gesê dat hul seun, Daniël (13) na buite gehardloop en Chivas in sy arms geneem en bitterlik gehuil het.

Sy ouers het hom egter dadelik laat stort, omdat hulle bang was dat hy van die gif kan inkry.

Me. Cant sê Daniël kon nie eers skool toe gaan nie, omdat hy te ontsteld was oor die honde wat gevrek het.

“Daniël het ’n verskriklike vyf maande agter hom en het hy in hierdie tyd ’n besondere band met die honde gevorm.”

Hy het tydens ’n Pumas hokkiewedstryd (hy is gekies vir die Pumas C-span vroeër vanjaar) ’n hou teen die kop gekry en het ernstige harsingskudding opgedoen.

“Daniël kon vir lank nie loop nie en het later met die kruk begin loop. Die honde was altyd by hom. As hy gestruikel het, was Malibu by om te help. Hierdie mense het nie net sommer honde doodgemaak nie. Dit was vir ons soos familie.

• Teen laat vanoggend was die Vissers nog besig om te kyk wat alles gesteel is en het agtergekom dat twee bergfietse weg is.

Hulle was omgekrap toe hulle boonop menslike uitskeidings langs hul boot vind. “Hy het nadat hy dit gedoen het, selfs sy boude afgevee en die toiletpapier daar neergesmyt!” het me. Petro Visser vies gesê.

• Die booswigte het die voorste hek en motorhuis oopgebreek om by die fietse en motorfiets uit te kom.

Lees ander stories hier:

Man gryp driejarige dogtertjie

Warning Graphic: Five babies dumped in less then two months

Update: Police finally make arrest after latest discovery

New born baby found dead

(Warning Graphic Content): Baby dumped by mother survived unscathed

Baby found in bag

Video: Voor die wind met Koningskind

Update: Baby X in place of safety

Video: The baby’s hero in blue

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button