Crime

Video: Verkeerde ‘verdagtes’ vasgetrek

’n Foutiewe sirkulasie van ’n verdagte voertuig het gesorg vir aksie in Cowen Ntulistraat Vrydagmiddag.

Wilma Boonzaaier sê dat ’n blou Ford Fiesta, wat voor hulle ingedraai het by die Cowen Ntuli- en O.R. Tambostraat verkeerslig, by die volgende verkeerslig, op die hoek van Cowen Ntuli en John Magagula deur ’n polisievoertuig voorgekeer is.

Mev. Boonzaaier het van die pad af getrek toe sy die sirenes hoor, om die polisie kans te gee om verby te ry. In plaas daarvan het die polisievoertuig langs haar tot stilstand gekom. Een van die beamptes het uit die motor gespring en die Ford motor genader.

’n Ander polisievoertuig met polisiebeamptes het ook op die toneel aangekom.

Die drie insittendes wat in die Ford Fiesta was, is beveel om uit die motor te klim en plat op die grond te gaan lê. Hulle is in boeie, agter in ’n vangwa, van die toneel verwyder.

By navraag het kapt. Khanyisile Zwane gesê dat die mans gearresteer is nadat daar foutiewe inligting oor ’n moontlike verdagte motor van eMalahleni ontvang is waar daar ’n tref en trap plaasgevind is.

Met hul aankoms by die polisiestasie is die insittendes almal as onskuldig bewys en hul motor is aan hul terug oorhandig.

Lees ander stories hier:

Mosambieker met gif in dammetjie gevang

Wanted: Hit and run fortuner

Bill Clinton in court

Thousands of fish killed at Eikeboom Pan

Ten arrested for illegal fishing

Warning Graphic: Five babies dumped in less then two months

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button