(Grafiese Inhoud) – Boere moedeloos besteel
Boere in Mpumalanga is moedeloos - hulle word rot en kaal besteel.
Van heinings tot ysterpale en spilpunte word gestroop.
Die ergste is egter die slagting van vee.
Week na week word beeste opgekap en kom boere op die hartseer gesig af van hulle stoetbeeste waarvan daar net ’n kop en vel oorbly.
Somtyds word beeste sommer in ’n drukgang vasgekeer en hulle koppe afgesny.
Johan Klopper, wat net buite Middelburg vir Dirk Uys boer, het R9 000 skade gely, nadat ’n dragtige branguskoei op die plaas geslag is.
Die veediewe het voorbereid gekom en selfs skuurpapier saamgevat om hulle messe skerp te maak.
Lees ander stories hier:
Vroue leer om hulself te verdedig
Mosambieker met gif in dammetjie gevang
Thousands of fish killed at Eikeboom Pan
Ten arrested for illegal fishing
Warning Graphic: Five babies dumped in less then two months
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
