Crime

Grafiese Inhoud – Meer as 100 honde al vergiftig!

Meer as honderd honde is die afgelope jaar op Middelburg vergiftig!

In die jongste voorval is daar laasnag sewe honde in Wolkebergstraat en een in Cathedral Peak gif ingegee. Daar is pas verneem dat vier van die honde reeds gevrek het en dat veeartse nog spook om vier se lewens te red.

Verlede week is ses honde in Kanonkop (Akasia- en Jakarandastraat) vergiftig.

Snr-insp. Petro Oberholzer (Middelburg Dierebeskermingsvereniging) het vanoggend gevra dat mense, waar moontlik, hul diere agter in hul erwe moet hou. Sy het gemeld dat daar tot verlede week Vrydag reeds 126 honde vergiftig is.

Vele mense het die afgelope tyd dreigend gesê dat “as ons die mense vang wat gif vir ons honde gee, gaan ons dit vir hulle gee om self te eet!”

• Dr. Leon Connoway (veearts, Kanonkop en Oribi Dierekliniek) het honde-eienaars aangeraai om geaktiveerde koolstof aan te skaf en dadelik vir die hond te gee as hulle sien die dier het gif ingekry. Of hulle kan probeer dat die hond braak deur hom ’n mengsel van water, sout en seeppoeier in te jaag.

As die dier egter reeds begin rukkings kry, moet hulle dit nie probeer nie, want dan kan die hond daarin verstik. In dié geval moet honde so gou as moontlik by die veearts uitkom.

• Snr-insp. Oberholzer het gesê dat sy geen raad mag gee wanneer honde vergiftig word nie. “Kom dadelik met jou veearts in aanraking.”

• In die meeste gevalle waar honde deur boosdoeners vergiftig word, is daar kort daarna ’n inbraak in die omgewing.

• Dennesig en Kanonkop woonbuurtes het geweldig deurgeloop die afgelope tyd, maar dit lyk nou of die groep na Aerorand-Wes geskuif het.

Lees ander nuus hier:

Vrou, seuns verloor alles in brand

Vrou deur man met mes ontvoer

From herding cattle to white house

Weather of the week

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button