Boemelaar beskuldig van afloerdery
’n Boemelaar, wat amok gemaak het by ’n inkopiesentrum, se familie vertel dat hulle in vrees leef vir hom.
Jannie Venter wat verlede Vrydag gearresteer is nadat hy ’n tweede maal ruite by die Tosca-sentrum in ’n woede uitbarsting gebreek het, is steeds in aanhouding.
Die ondersoek het egter ’n wending geneem nadat twee familielede www.mobserver.co.za die week gekontak het met bewerings van afloerdery en bekruiping.
Die familielede sê dat hulle hom nie van die straat af kan inneem nie, weens sy vreemde gedrag.
Hy is reeds drie maal vir psigiatriese waarneming verwys, maar het volgens die familielid in Breyten, waar hy ’n ruk lank tuis gegaan het, elke keer weg gehardloop toe die ambulans opdaag om hom te kom haal.
Die familielid sê sy het hom gereeld betrap waar hy haar afloer. Sy was naderhand so bang vir hom, dat sy komberse en kos vir hom deur die diefwering gegee het, omdat hy nie die deur vir hom wou oopsluit nie.
Sy sê dat hy gereeld glasbottels stukkend gegooi het in die straat voor haar woonstel.
Die familielid vrees dat indien hy vrygelaat sou word op ’n klag van opsetlike saakbeskadiging, hy weer op haar voorstoep sal beland.
• Lees die volledige berig in die Middelburg Observer van 14 Oktober wat beskikbaar is by jou naaste winkel.
