News

Oud-dominee se dogter nou aktrise

Izél (15) is tans in Graad 10 in Hoërskool Eldoraigne. Sy het al op vierjarige ouderdom begin met drama- en ballet-opleiding; en het ses jaar se ondervinding in moderne dans. Haar professionele toneelspel-loopbaan het in 2009 begin toe sy as 10-jarige ‘n hoofrol in die teaterproduksie ‘Balkie’ vertolk het wat by die Innibos Kunstefees, Volksblad …

Izél (15) is tans in Graad 10 in Hoërskool Eldoraigne. Sy het al op vierjarige ouderdom begin met drama- en ballet-opleiding; en het ses jaar se ondervinding in moderne dans.

Haar professionele toneelspel-loopbaan het in 2009 begin toe sy as 10-jarige ‘n hoofrol in die teaterproduksie ‘Balkie’ vertolk het wat by die Innibos Kunstefees, Volksblad Kunstefees en die Pierneef Teater opgevoer is.

Agent 2000 is Izél se eerste rol in ‘n film.

Sy vertolk die rol as Chante-Amoré, een van die ‘cool’ meisies in graad agt, maar haarself nie belangriker ag as kinders wat nie deel vorm van hierdie groep nie. Sy maak tyd vir elke individu wat haar pad kruis en gee diep om vir ander mense.

•Die rolprent, Agent 2000, gaan oor Walter du Toit. Hy is hoegenaamd nie ‘n gewone tiener nie. Hy is skerp. Hy is innoverend. Hy is Agent 2000 en as jy moeilikheid maak, sal hy jou doppie klink.

Wanneer ‘Die Laksman’ vir die soveelste keer die nuwe graad agt-leerders van Hoërskool Randburg begin teister, word sy hulp ingeroep om die berugte skoolboelie te ontmasker.

•Ds. Bezuidenhout is nou ‘n eienaar van ‘n Wimpy in Pretoria.

daleen@mobserver.co.za

 
Back to top button