’n Modderbad was Saterdag fietsryers se voorland wat aan die Tour de Farm deelgeneem het.
Modderbesmeerde fietsryers het na die tyd met hulle gekamoefleerde gesigte en fietse gespog.
Die reën, wind en koue het ook veroorsaak dat net 1 273 fietsryers opgedaag het, terwyl daar 1526 inskrywings was.
Middelburg-fietsryers het verskeie podiumplekke losgery in hierdie jaarlikse groot liefdadigheidswedren.
Fondse gaan aan Hoërskool Middelburg, Middelburg Primary en die Middelburg Care Village.

Jan Motshioa het sy staal gewys en derde geëindig in die 120 km en het ook die sub-veteraneafdeling gewen.
Die langafstande is deur een van die land se top-bergfietsryers, Nico Bell, gewen in ’n tyd van 3:33:08.
Gabriel Combrinck was tweede in 3:43:38 en Montshioa derde in 3:47:14.

Montshioa is bekend as die vriendelike gesig by Basson & Beyers Fietswinkel.
Die toptien is
Barry Forssman, Ivan Haasbroek, Christopher van Rooyen, Dirk Nel, Nico Steenkamp, Steven Alberts, Joe van Heerden.
Van die Middelburg-deelnemers, in geen spesifieke volgorde wat die 120 km voltooi het, is: Corné Ferreira, Sarel Esterhuizen, Willie van Straaten, Johan Odendaal, Rina Sadie (Wen haar kategorie), Riaan van den Berg, Karin Stapelberg (Wen haar kategorie),Francois Stapelberg, Cobus Fourie.

70 km
Philip Buys het die 70 km gewen met ’n tyd van 02:21:16, Jan Withaar was tweede en Jordan Boshoff derde.
Lizle Rosenstein, Stuart Nkambule, Firmino Patricio, Andre Brandmuller, Eduard Naude, Christine Wentzel (derde – subveterane), Marcel de Villiers, Pete van der Spuy, Neville Rosenstein, Emmerentia Jansen van Vuuren, Francois Hefer, Dennis Botha.
35 km
Die 35 km is deur Brand Reinard du Plessis gewen, met Cobus Hagg tweede en Louan Hattingh derde.

Middelburgers: Herman Grobler, Estian le Roux, Hein Koch, Piet Swanepoel, Marissa Grobler, Anton Heiberg, Louis Devenish, Pieter Nefdt du Toit, Jacques Laubscher, Devan Kruger, Elsa Devenish, Michael Basson, Douw Gangel, Therese Grobler.

15 km
Terence Moll, Annelize Janse van Rensburg, Jaap Beyers.
- Kyk op die webwerf vir Hoërskool Middelburg se deelnemers.
