News

Prostituut se ribbes gebreek

'n Oud polisie reservis het jare gelede by die Middelburg polisie gepleit dat daar 'n intensiewe operasie teen prostitusie moet wees omdat dit dikwels die broeikas vir baie ander misdrywe is. Dit het op dowe ore geval.

Nou word prostitusie nie net aan die dwelmhandel en diefstal gekoppel nie, maar hulle loop self deur onder ander misdadigers.

• ‘n Grys motor met jongmense as insittendes is besig om prostitute van hul dwelms en geld te beroof.

Volgens ooggetuies ry die groep veral oor naweke rond.

Hulle skop en slaan hul slagoffers en gaan dan deur hul besittings opsoek na geld of dwelms.

Hulle word daarvan verdink dat hulle verantwoordelik was vir die aanranding van ‘n prostituut ‘n week gelede.

Sy is in die gesig geskop terwyl sy op die grond gelê het.

• ‘n Wit Volkswagen Golf met twee insittendes teiken ook graag prostitute.

Die mans word net waargeneem as daar nie polisie voertuie in die omtrek is nie.

Hulle het al ‘n prostituut se ribbes gebreek.

Wat hulle motief is, is nie op hierdie stadium duidelik nie.

• ‘n Prostituut is onlangs met ‘n hamer getakel deur ‘n groep jongmense in ‘n wit dubbelkajuit bakkie.

Die groep het eers op en af in die straat gery en luidkeels Afrikaanse liedjies gesing voordat hulle ‘n slagoffer geïdentifiseer en op haar toegesak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button