News

VIDEO: Dit was rof en lekker

Daar was helikopters, valskermspringers, dansers, baie bier, baie skape (op die spit), rammetjies (op die rugbyveld), duisende mense en twee spanne oudleerlinge wat gewys het wat beteken dit om ’n groen of rooi trui oor die kop te trek.

jAmper soos in ’n video van die negentigerjare het afrigters Poerie en Piesang agter die pale stelling ingeneem.

Buks Botha was sy ernstige self.

Rayno de Kock, Mauritz van der Merwe, Herman van Niekerk en hulle span jong organiseerders het gewys die dorp is in goeie hande. Dié manne kán!

Meer foto’s  hier:

Dit was Hoërskool Middelburg Old Boys teen HTS Middelburg Old Boys en dit was rof en dit was lekker.

Op die rugbyveld het dit woes gegaan. Daar was groot duikslae en vele beserings.

Die Rooies se kaptein, Frans Allers, het sy hakskeensening geskeur en sou Vrydag geopereer word, Willie le Roux het opgedraf en afgedraf met ’n spierbesering, George Nel sou ’n dokter gaan spreek nadat die ou knieligamente die gees gegee het, Antoon Viljoen se dyspier het vyf minute gehou en Rayno de Kock was mank-mank met ’n seer knie.

Niemand wou een van daardie lywe Sondagoggend hê nie.

Video:

Tommy Strydom het weer gewys dat hy verloor haat en het die hele wedstryd sy hart uitgespeel en natuurlik was George Nel sommer gou in ’n relletjie.

Agter die skrum was Freddie Muller ewe parmantig en het Leon de Wet gewys waarom hy die Rooies kaptein was op sy dag.

En net soos van ouds het die Rooi Masjien gedryf en gedryf, maar die Middie durf wou net nie opgee nie.

Die telling van 15-12 in die Rooies se guns was van akademiese belang (maar sê dit nou vir die spelers?).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button