News

Koevoetbende slaan toe

In die bestek van slegs twee dae het inbrekers, gewapen met koevoete, by vyf huise ingebreek deur onder andere die deure geweldadig af te breek. Tydens een van hul plundertogte is 'n vrou aangehou.

Die Van der Lindes se huis in Selatistraat (Aerorand Wes) was eerste op hul breeklysie Vrydagmiddag omstreeks 12:20. Die palissadehek is van die spoor afgetel en die veiligheidshek met geweld met ‘n koevoet oopgebreek.

Me. Toy Korff bly agter op die perseel en het die honde hoor blaf. Sy is die huis in om te gaan kyk wat aangaan, maar toe sy deur die venster kyk, het sy gesien die veiligheidsdeur is reeds af.

Sy het omgespring om die radiogroep te probeer kontak, maar die drie rowers het teen dié tyd reeds die deur afgebreek en haar oorval. ‘n Duvet is oor haar kop gegooi en sy is eers op die sitkamerbank gegooi.

Daarna het hulle haar saamgesleep kamer toe, waar sy gedwing is om op die grond te lê. Al die kaste is oopgeruk, waarop die aanvallers ‘n los kluis, waarin kontant en juwele was, gebuit het.

Me. Korff is deur die rowers in die kamer toegesluit en die deur moes later oopgeskop word om haar te bevry.

• Die groep het net ‘n entjie verder afbeweeg in Selatistraat en omstreeks 13:00 hul koevoet gebruik om deure oop te breek by mnr. Chris van Noordt se huis.

Die motorhuisdeur, veiligheidshek tussen die motorhuis en huis, asook die huis se veiligheids- en voordeur is met die koevoet oopgebreek.

Mnr. Van Noordt se pa, Piet, sê hy is nie seker wat alles gesteel is nie, aangesien Chris tans in Engeland is. Op hierdie stadium lyk dit vir hulle of daar ‘n televisie, rekenaartoerusting en klerasie weg is. Al die kasdeure was oop toe hulle daar aankom.

• Omstreeks 03:00 Saterdagoggend is dr. Pieter Bothma (veearts) gewek deur sy alarm in Eeufeestraat (Clubville). Toe hy ondersoek gaan instel, het hy ‘n verdagte in sy gang opgemerk. Die booswig het vir hom geskrik, omgespring en deur die venster gevlug, waar hy ingekom het. Die sitkamervenster is oopgebreek en die diefwering afgebreek. ‘n Skootrekenaar word vermis.

• Dr. Bothma se pa, Hennie, bly net agter hom in Hospitaalweg en vertel dat hy en sy vrou omstreeks 09:30 na Hoërskool Middelburg is om te gaan kyk hoe hul kleinseun, Malan, rugby speel.

Toe hulle tuiskom, omstreeks 12:00, was dit duidelik dat die koevoetbende ook hier toegeslaan het.

Tydens een van hul strooptogte in Selatistraat was me. Toy Korff in die huis. Hulle het die deur só vinnig oopgebreek dat sy nie kon vlug nie en het die rowerbende haar aangehou.
Tydens een van hul strooptogte in Selatistraat was me. Toy Korff in die huis. Hulle het die deur só vinnig oopgebreek dat sy nie kon vlug nie en het die rowerbende haar aangehou.

Die veiligheidshek- en agterdeur is oopgebreek, daarna is die veiligheidshek in die gang én voor hul kamer oopforseer.

Mnr. Bothma sê die inbrekers het weggekom met hul digitale kamera en van sy vrou se juwele. Die inbrekers het gesit en al die egte juwele uitgesoek! “My vrou se egte pêrels wat ons in die Ooste gekoop het, is onder die juwele wat gesteel is!”

• Die groep is van daar af na Leipoldtstraat (Gholfsig) waar hulle omstreeks 13:00 me. Marie Godfrey se deure oopgebreek het. By haar huis is ‘n televisiestel gevat. Die vermoede bestaan dat hulle nie lus was om verder te sukkel nie, aangesien al die kasdeure in die huis gesluit was!

‘n Klein rukkie later het die groep weer in Leipoldtstraat probeer toeslaan by die Sindisa Gastehuis van mnr. John Miller. Volgens mnr. Miller was die bestuurder van die gastehuis daar en het hulle oor die muur sien spring. Die radiogroep is dadelik geroep, maar die booswigte het snuf in die neus gekry en net weer oor die muur gespring en laat spaander.

In bykans al die gevalle was die radiogroep en polisie binne minute op die toneel, maar elke keer was die inbrekers hulle net een treetjie voor.

“Ons almal noem hulle nou al die “hit and run” koevoetbende! Want hulle kom met spoed in, omdat hulle weet van die alarms en radiogroepe, gryp wat hulle kan, en gee pad!” het mnr. Hennie Bothma gesê.

One Comment

  1. The best advice I can cterae opportunities for my professional work. Remember, this is probably the most important day in your life sisters. You do not want to waste it. Wedding Photography is not an easy task. You have the right to obtain the equipment and knowledge to use and learn how to deal with people. It is not just a camera in the right direction, and the payment knoppie.Het I said, the church where the wedding will be held? Are to be seen? Many do not. If they do not, you have a camera and lens can produce good images without a flash in the home? This will require that the camera is capable of dealing with high ISO settings, noise a little too large aperture lens. F2. 8 to unnecessary or F1. 4 for the first wees.Nou be as good as what goes flash photography. Pop-up flash or build it. You need a dedicated flash with a hook and cameras diffuser.Vir It takes two to mid-high-level DSLR. No one knows when one will breek.Vir lenses below typical wedding photog uses. You must be at least a couple of hulle.24 F2 70mm. 870 200mm F2. 816 35mm F2. 850mm F1. 485mm F1. 8100mm F2. 8Indien none of this makes no sense for you to, you really do not try it. I also no idea how much work to be done, which participate in the wedding? Will not have time to enjoy the day with your sister. Will it be early in the morning until the end of the reception. If you have anything to do to lower your sister and help drive them to a professional photographer.

Back to top button