News

Doodspoort besaai met kiste

Honderde doodskiste is versplinter in Kranspoort toe die hoeveelste trok se remme hom in die steek gelaat het op die afwaartse draaie van die doodspoort.

Die drywer, mnr. Thulane Mthetwa was saam mnr. Edward Zindele onderweg na Polokwane met ongeveer 200 doodskiste wat bestem was vir die DNG-depot, het mnr. Zindele Maandag vanuit sy Middelburg hospitaalbed gesê.

Soos mnr. Mthetwa het hy ‘n hou teen die kop weg, maar ook ‘n seer rug na die ongeluk in die poort.

Mnr. Zindele sê die trok se remme het ingegee waarna dit in ‘n sloot beland het.

Die 200 kiste is bykans almal vernietig terwyl die trok ook nie lig daarvan afgekom het nie.

Mnr. Zindele sê dat ‘n onbekende man in ‘n swart motor op die toneel gestop en vir hulp gebel het.

Die botsing het omstreeks 22:00 plaasgevind en me. Nomcebo Vilikazi, mnr. Zindele se vrou, sê sy is omstreeks 10:15 van die toneel af geskakel met die nuus van die botsing en dat haar man gering beseer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button