News

Video: OH Frewin bibber vir beterskap

Dit was 'n gebibber en gebeef toe die Middelburg Observer verlede week die Ysbak uitdaging aanvaar het na die Middelburg Marathonklub Dinsdag 26 Augustus onder die yswater deurgeloop het.

Die Ysbak uitdaag is in Junie vanjaar gekoppel aan Motorneuronsiekte deur die Amerikaanse gholfspeler, Chris Kennedy, wie se niggie Jeanette Senerchia se man Anthony, al elf jaar met die siekte worstel.

Plaaslik hanteer die J9 stigting van die voormalige Springbok kaptein Joost van der Westhuizen, die uitdaag, en talle groot name in die vermaakbedryf en selfs politieke rolspelers het reeds die uitdaag aanvaar.

Joost het duisende harte aangeraak met sy veggees teen die groep degeneratiewe neuron ongesteldhede.

OH Frewin se pa en seun span, Dries Venter senior en junior, neem deel aan die Ysbak uitdaag. Dries senior, OH Frewin eienaar en die besturende direkteur word hier natgegooi deur Dries junior, mede-eienaar van die maatskappy.
OH Frewin se pa en seun span, Dries Venter senior en junior, neem deel aan die Ysbak uitdaag. Dries senior, OH Frewin eienaar en die besturende direkteur word hier natgegooi deur Dries junior, mede-eienaar van die maatskappy.

Die Observer het die uitdaag verlede week aanvaar en talle personeellede het Donderdag met oornagsakke gepak met sweetpakke, haardroërs, plakkies en handdoeke opgedaag vir die bibber-sessie.

Die redakteur, mnr. Tobie van den Bergh, het al bewende vir OH Frewin drukkers en al die hoërskole van die dorp uitgedaag om ‘n ysstort te neem en by te dra vir die oorlog teen die ongeneeslike siekte. ‘n Finansiële bydrae is ook aan die stigting gemaak.

Personeel van OH Frewin het Vrydag hul uitdaag aanvaar, terwyl daar nog gewag word op die hoërskole om die koerant se uitdaging te aanvaar.

OH Frewin het op hul beurt weer Kutting Hydraulics, Laerskool Kanonkop en Middelburg Primary uitgedaag.

Maandag het die besturende direkteur van OH Frewin, mnr. Dries Venter, ook die uitdaag aanvaar nadat hy Vrydag uit was op sake.

Mnr. Venter het verskeie eiendomsagente uitgedaag terwyl Kutting Hydraulics Vrydag reeds die OH Frewin personeel se uitdaag aanvaar het.

Soete wraak word hier op Donovan Theron geneem nadat hy per ongeluk Vrydag 'n kollega, Johnny Venter, nie net met yswater in die Ysbak uitdaag gegooi het nie, maar sommer met die emmer ook. Hier geniet Johnny en kollega Hannes Bell die terugbetaling terdeë nadat OH Frewin ook uit 'n ander oord Vrydag uitgedaag is.
Soete wraak word hier op Donovan Theron geneem nadat hy per ongeluk Vrydag ‘n kollega, Johnny Venter, nie net met yswater in die Ysbak uitdaag gegooi het nie, maar sommer met die emmer ook. Hier geniet Johnny en kollega Hannes Bell die terugbetaling terdeë nadat OH Frewin ook uit ‘n ander oord Vrydag uitgedaag is.

Al die videos:

•Maatskappye en individue wat aan die uitdaag deelneem kan self besluit hoeveel geld hulle aan die stigting wil skenk.

Betalings kan gemaak word aan die J9 Stigting, Nedbankrekening 1017217173, Menlyn-tak 160 545.

Die maklike opsie is om “J9” te sms na 42305 teen R30 per sms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Check Also
Close
Back to top button