News

Opvolg: Brigadier ondervra joernaliste

Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant generaal Thulani Ntobela, laat nie gras onder sy voete laat groei met die ondersoek na die gebeure op die N4 waar 'n polisiekonvooi voorverlede week 'n ambulans se pad versper het nie.

Die Observer is Dinsdag besoek deur brigadier Rudolph Adolph wat aangestel is om talle senior polisieoffisiere vir wangedrag te ondersoek nadat hulle ‘n baan, wat spesiaal vir die ambulans met groot moeite oopgemaak is, versper het.

Pleidooie dat die konvooi net wag dat die ambulans met die kritiek beseerde Bernine Booysen agterin kan deurkom, is doodgeblaf met “ons is die polisie, ons is in beheer”.

Die ambulans moes eindelaaste vir die konvooi skuif, voordat dit hospitaal toe kon jaag waar Bernine aan haar beserings beswyk het.

Vyf ander mense het op die toneel verkool en die groot vraag wat beantwoord moet word in die ondersoek is, hoekom is die pad nie gesluit nie?

Toe die ambulans wou jaag Middelburg toe, was al vier aankomende bane deur verkeer geblok.

‘n Baan is met groot moeite oopgemaak vir die ambulans maar die polisie se konvooi, waarin die plaaslike stasiebevelvoerder ook was, het by die baan ingeglip en botweg geweier om te skuif.

Die polisie is oor die aardbol heen gekritiseer vir die optrede wat op Observer se internet platforms aan die klok gehang is.

Verklarings is Dinsdag by twee Observer joernaliste op die toneel geneem en by die dossier gevoeg.

Die polisie se konvooi was oppad na die toneel. Daar word beweer dat ‘n Lexus, wat deel daarvan uitgemaak het, die agterhoede gedek het om te keer dat die baan nie geblokkeer word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button