Nuus Flits: Seuns vermis
Twee seuns word in Middelburg gesoek nadat hulle uit ’n plek van veiligheid in die Karoo weggeloop het.
Pieter de Souza (20) en Tony Ajam (18) is sedert verlede week soek nadat die plek se bestuur hul families laat weet het dat hulle verdwyn het.
Die twee is kort daarna, op Woensdag 15 Oktober, by ’n familielid in Middelburg se huis opgemerk.
Hul families is rasend van bekommernis. De Souza, ’n Middelburg boorling, en Ajam van Johannesburg, se ouers het oral na hul seuns gaan soek. Ajam se familie het tot in Hope City gaan rond vra.
Hulle is nog nie amptelik as vermis by die polisie aangegee nie, omdat hul ouers bly hoop dat die seuns hul opwagting sal maak.
“As ons hulle nie vinnig kry nie sal ons geen ander keuse hê as om ’n saak by die polisie oop te maak nie,” het een van die seuns se ouers gesê. Sy het versoek om anoniem te bly.
Indien iemand inligting oor die seuns het kan hulle 072 152 8674 bel.
