News

Video: Baba in ongeluk

'n Sewe weke ou babaseuntjie het 'n blou oog opgedoen in 'n ongeluk tussen drie voertuie op die hoeke van Beyers Naude- en Johan Magagulastraat.

Die skreeuende klein Nicolaas Schneider is in sy ma, Adrea, se arms per ambulans hospitaal toe geneem, waar dokters hulle meegedeel het dat die knapie net ‘n blou oog gaan oorhou, maar nie ernstig beseer is nie.

Hul Ford Ranger bakkie het omgeslaan en me. Schneider en haar suster, me. Carmen Marais en Nicolaas moes deur ‘n venster uitgehelp word ná die ongeluk.

Die ongeluk het omstreeks 08:30 plaasgevind.

Mnr. Lourens Esterhuizen het op die toneel vir me. Schneider gesê dat hy sy BMW Vrydag ingeneem het na paneelkloppers en dat hy Maandagoggend vir die eerste keer weer met die voertuig gery het.

Toe hy wou rem by die rooi verkeerslig, het die remme nie gewerk nie en het die voertuig die bakkie van me. Schneider getref.

Met die impak van die slag, het die Ford Ranger op sy sy beland en die Nissan Hardbody van mnr. John Mbethe getref. Mnr. Mbethe het ‘n besering aan sy hand opgedoen. Niemand is egter ernstig in die ongeluk beseer nie.

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button