News

Kar rol, ma sterf

Die ma van twee kinders is opslag dood, nadat die motor waarin sy en twee vriendinne op die R33 Carolinapad na Badplaas onderweg was, gerol het.

Me. Joan Davidson, van Nasaret, was in ‘n konvooi op pad na Badplaas vir die dag, toe die motor waarin sy gery het, se agterband gebars, en dit gerol het.

Twee van haar vriendinne, Charlotte Wallace en Deidre Finyeth, ook van Nasaret, was saam in die motor tydens die ongeluk.

Beide word steeds in Carolina Hospitaal behandel, na hul opname daar Sondag omstreeks 06:00.

Vriende wat agter die motor gery het, het gemerk dat daar iets met die band fout is, voordat die kar skielik begin rol het.

Me. Davidson en haar vriendinne was in een van vyf motors, waarvan al die insittendes die dag by Badplaas saam sou geniet het.

Die geselskap het kort na die ongeluk omgedraai, en hul kuier by Badplaas onder die tragiese omstandighede afgelas.

Sy laat haar twee kinders en man, Clint, agter.

Begrafnisreëlings was teen druktyd nog nie getref nie, en die familie wou ook nie ‘n foto vir publikasie verskaf nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button