News

Jong tegnikus sterf op N4

'n Jong tegnikus van Motomid, Adriaan van Zyl (26), is die naweek oorlede in 'n motorbotsing op die N4, na 'n hengeluitstappie saam met kollegas.

‘n Jong tegnikus van Motomid, Adriaan van Zyl (26), is die naweek oorlede in ‘n motorbotsing op die N4, na ‘n hengeluitstappie saam met kollegas.

Die eMalahleni boorling was baie gewild onder sy kollegas, wat Maandag ‘n foto, ter nagedagtenis aan hom, by die motorhandelaarskap opgehang het.

Sy verloofde, Stephanie Koger, was Maandag te ontsteld om met die Observer te praat.

Sy het saam met hom by Motomid gewerk, en die liefde het gou tussen die twee begin blom.

Adriaan is Saterdagmore vroeg uit die vere, om saam met ‘n groep kollegas te gaan visvang.

Omstreeks 14:00, op pad terug na eMalahleni, het Adriaan skielik die pad naby die Hendrina-afrit byster geraak, en gerol.

Kollegas wat voor, en agter, hom gery het ten tye van die botsing, sê dit wou voorkom asof hy vir iets in die pad geskrik het.

Adriaan het ‘n gat langs die pad op ‘n graswal getref, en begin rol.

Hy is uit die motor geslinger en is opslag dood.

Begrafnisreëling was teen druktyd nog nie getref nie.

Hy laat sy verloofde, ma en broer agter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button