News

Slange veg tot die dood

Hier jou slanggggg....! Wanneer jy op die koue Middelburg is, verwag jy die slange kry reeds koud en slaap, maar pasop wanneer jy in die Laeveld kom! Trishke Roos het amper op twee vegtende slange in Nelspruit getrap.

Mev. Roos sê dat dit voor haar ouers se huis gebeur het. Nadat hulle ’n foto geneem het is hulle die huis in, omdat haar tweejarige dogtertjie begin bang word het. Toe hulle weer na buite is was albei slange weg.

Plaaslike slangkenner, Victor Boshoff, sê dat dit ’n mosambiekse spoegkobra en ’n bruin huisslang is. Mosambiekse spoegkobras is bekend dat hulle ander slange vreet. Bruin huisslange is skadeloos, maar hierdie een het daarin geslaag om die spoegkobra in ’n wurggreep beet te kry.

Dit lyk ook asof die spoegkobra daarin geslaag het om die huisslang te byt, wat sy gewisse dood sou veroorsaak.

Mnr. Boshoff sê dat daar ’n moontlikheid bestaan dat die spoegkobra ook kon vrek as sy gif nie vinnig genoeg intree nie.

Die feit dat albei slange weg was toe mev. Roos weer na buite is, dui daarop dat die spoegkobra tog daarin geslaag het om sy prooi te dood en te verorber.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button