NewsPrimary SchoolSport

Kaalvoet Pumas verlore teen Griffons

Met Bloemfontein se sterk wind van agter moes hulle gewen het

Die laerskole Cravenweek span van die Pumas het Dinsdag sy kanse weggesmyt teen die Griffons. Die kaalvoet Pumas was lank met 15-5 voor en met die wind van agter in die tweede helfte, het dit na ’n maklike oorwinning gelyk.

Die Griffons het egter groot veggees gewys en met skitter spel aanhou aanval, om met 22-15 te wen.
Die Pumatjies het veral in die laaste vyf minute heeltemal verlore gelyk.
Hulle speel nou Donderdag om 12:00 teen die Luiperds.

Laerskool Middelburg se Nicus van der Merwe en Muller Potgieter het op heelagter en slot uitgedraf.
Die Leeus en Boland pak mekaar in die laaste wedstryd van die dag.

Die Pumas se o/17A span het met 14-17 teen die Haaie verloor op dag een en die Valke 26-14 geklop op die tweede dag.
Die span speel Donderdag vir die derde en vierde plek uit teen die Haaie.

  • Intussen vertrek die Pumas se Cravenweek span vandag na Gqeberha om voor te berei vir die Cravenweek wat Maandag afskop. Die Pumas speel Dinsdag teen Griekwas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button