News

Video: Beeldmateriaal maak opslae

Beeldmateriaal wat op Justin Fernandes van Jugomaro Predator Park se Facebookblad gelaai is oor 'n geveg wat uitgebreek het na die nuwe eienaar 'n heining op die plaas opgerig het.

Die beeldmateriaal is op 7 Junie op Fernandes se Facebookblad gelaai, en het reeds 6 895 “Views”, 50 “comments”, 61 “likes” en 28 “shares”.

In die beeldmateriaal is daar ‘n rusie tussen die Fernandes-familie (Goosey, Rosa en Justin) en die nuwe eienaar,mnr. Antonie Brown, oor ‘n elektriese-omheining wat opgerig is en wat volgens die Fernandes-familie ‘n gevaar vir die kinders inhou wat die park besoek.

“Aangesien die omheining ongeveer half ‘n meter vanaf die kinders se speelterrein geplaas is, stel dit die kinders in gevaar,” sê Justin Fernandes.

Daar word in die materiaal deur die Fernandes-familie gesê dat hul mnr. Brown gewaarsku het dat kinders kan seerkry en hy die verantwoordelikheid sal moet neem indien ‘n kind seerkry as gevolg van die elektriese omheining en dat dit volgens hul nie reg is nie.

Mnr. Brown stry egter daarteen, en sê dat volgens reëls en regulasies mag hy dit so plaas, sowel as dat meeste van die bure se plase se heining presies dieselfde lyk.

“As die kinders iets oorkom, ek het julle gewaarsku,” sê mnr. Brown aan die Fernandes-familie. Volgens mnr. Brown moet die Fernandes-familie egter net die speelterrein verder van die omheining skuif, wat die probleem sal oplos.

Op die beeldmateriaal het mnr. Brown spesifiek ‘n wag gevra om vir die dag om te sien dat kinders wat op die terrein speel uit gevaar gehou sal word, en dat hy vir die dag verantwoordelikheid sal neem tot die Fernandes familie die terrein verder van die omheining skuif.

Mnr. Brown sê op die beeldmateriaal dat die plaas wel nie meer aan die Fernandes-familie behoort nie.

Nadat Absa verlede jaar ‘n likwidasie bevel teen Jugomaro Predator Park versoek het, het die Fernandes-familie die 500ha plaas onderverdeel en ‘n besigheidskontrak opgetrek.

Nadat ‘n koper die onderverdeelde stukke plaas gekoop het, is daar ooreengekom dat die park, wat uit 100ha bestaan, teruggekoop sal word deur die Fernandes-familie binne ‘n tydperk van 90dae, sodat die verskeie katspesies by Jugomaro kan aanbly.

Volgens mnr. Brown het die Fernandes-familie nie die gedeelte van die plaas binne die 90 dae tydperk teruggekoop nie en was hul laat met die betaling.

“Ons het wel betyds die betaling gemaak om die onderverdeelde stuk grond terug te koop, mnr. Brown het met die besigheidskontrak vakansiedae en naweke bygetel as deel van die 90dae, maar ons sien egter dat ‘n besigheidskontrak net werksdae insluit,” sê Justin Fernandes.

Die Fernandes-familie en mnr. Brown het in die hooggeregshof in Pretoria verskyn. Volgens mnr. Brown het die Fernandes-familie die saak verloor en is ‘n uitsetting kennisgewing aan die Fernandes-familie uitgereik, waarvan hul 48 uur gegee is om vanaf die perseel te trek, met katte en al.

“Die saak het reeds drie keer in die hooggeregshof voorgekom, en elke keer het die Fernandes-familie die saak verloor,” sê mnr Brown.

Die Fernandes-familie het egter aansoek gedoen vir appél in Bloemfontein.

Me. Rosa Fernandes sê uitdruklik aan mnr. Brown op die beeldmateriaal dat hul sal plak op die plaas, en dat hul nie van die plaas verwyder sal word nie.

Mnr. Augusto Perera Fernandos (Goosey Fernandes), het Maandag, 18 Mei, vir die eerste keer in Groblersdal distrikshof verskyn op ‘n klag van onwettige jag van wild en diefstal.

“Volgens die besigheidskontrak wat opgestel is, is 21% van die wild wat op die plaas is, steeds ons s’n. En aangesien Karan Beef, wat net buite Heidelberg geleë is, waar ons die katte se vleis koop, gesluit het tussen Kersfees en Nuwejaar, moes ons noodgedwonge jag. ‘n Koedoe, Impala en Blouwildebees is geteiken,” sê Justin Fernandes.

Die saak is egter uitgestel vir verhoor na 5 Junie, en was mnr. Fernandes afwesig in die hof. ‘n Lasbrief is gemagtig, maar het mnr. Fernandes op eie beweging op 8 Junie by die hof opgedaag.

Die saak is uitgestel na 18 Junie vir verhoor en getuies, waarna dit weer uitgestel is na 10 Julie vir verhoor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button