NewsSport

Dorp kry unieke rugbyweek

Hoofafrigters van HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg span saam om iets spesiaals na Middelburg te bring

Middelburg het meer groot sportbyeenkomste nodig om die dorp se ekonomie ’n inspuiting te gee. Sportweke bring nie net voete hierheen nie, maar geld.

Die Loskop-marathon is een van die groot sportbyeenkomste wat sorg dat derduisende rand elke jaar in April op Middelburg spandeer word.

En nou het twee ou aartsvyande saamgespan om iets spesiaal te doen.
HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg is sedert hulle ontstaan geswore vyande op die sportveld.

Die eerste Middelburg Rugbyweek

Maar nou is twee jong rugbyafrigters van die twee skole, Christiaan Gouws (Middies) en Jano Venter (Rooies), hard besig om saam die eerste Middelburg Rugbyweek aan te bied.

Die toernooi vind van Maandag, 22 Maart, tot Donderdag, 25 Maart 2027, plaas.

Leemte word gevul

Die toernooi gaan die leemte vul vir derde en B-spanne wat nie ’n kans kry om aan groot toernooie deel te neem nie.
Regoor die land is daar jaarliks rugbytoernooie vir eerste- en A-spanne.

Die Middelburg Rugbyweek gaan vir derde spanne, o.14 B-, o.15 B-, en o.16 B-spanne wees.
Spanne gaan in die koshuise van die twee skole gehuisves word met verblyf en etes wat voorsien word.
Daar word per span voorsiening gemaak vir 23 spelers en twee afrigters.

Christiaan Gouws, rugbyhoof van Hoërskool Middelburg. FOTO: Verskaf

Die twee hoofafrigters sê die Middelburg Rugbyweek bied ’n uitstekende geleentheid vir spanbou, mededingende rugby en die vestiging van nuwe bande tussen skole.

Skole wat wil deelneem, kan Christiaan skakel by 082 458 2909 of Jano by 082 372 7933.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button