Opvolg: Ontman oor hondjie
"Sy hele lewe draai om daardie hondjie en nou wil hulle hom wegvat. "So het 'n ma geprewel nadat haar 37-jarige seun Maandagaand probeer selfmoord pleeg het, deur sy geslagsorgane af te sny.
Hy het in ‘n bad geklim by sy huis op Kranspoort en sy maag en been met ‘n mes oopgesny.
Hy het ook sy penis afgesny en langs hom op die bad se rand gesit. Hy het later tot sy sinne gekom en vir hulp geroep.
Die man word sedertdien in die Groblersdal Hospitaal behandel en sy ma het sy toestand as “stabiel” beskryf.
“Hierdie ding het ‘n lang aanloop gehad. Dit is nie die eerste keer dat hy probeer selfmoord pleeg nie.”
Sy het gesê dat hulle al vir maande in ‘n stryd gewikkel is “omdat hulle sy hondjie wou wegvat.”
Die Kranspoort huiseienaarsvereniging het hulle tot die hof gewend sodat die hondjie verwyder moes word.
Die gesin was van die eerste inwoners by Kranspoortdorp en die komitee van daardie tyd het toestemming gegee, dat die man ‘n hondjie mag aanhou.
“Na sy vorige selfmoordpoging het die sielkundige vir hom dié hondjie gegee. Daar is gesê dat hy iets moet hê om lief te hê en wat hom terug kan liefhê.”
Dit is duidelik dat hy dié klein Chihuahau hondjie verafgod het en hulle het onafskeidbaar geword.
Die laaste paar maande is hulle egter klaarblyklik verskeie kere aangesê om die hond van Kranspoortdorp te verwyder. Daar was ook ander geskille.
“Hy het alles gehoor wat gebeur. Hy kon dit nie meer vat nie!”
Sy het, soos haar dogter vroeër hierdie week, gevra dat mense moet ophou om stories te versprei.
“Alles is uit verband uit geruk en elkeen het ‘n ander liegstorie. Hou asseblief op. Ons familie kan dit nie meer hanteer nie.”
• Daar is probeer om kontak te maak met die voorsitter van die Kranspoort huiseienaarsvereniging, mnr. Johan Botha.
Toe hy nie opgespoor kon word nie, is die bestuurder van die dorp, mnr. Willie Marais, genader vir kommentaar.
“Kranspoort huiseienaarsvereniging het niks met sy sielkundige probleme te doen nie,” het mnr. Marais gemeld.
Daar is glo jare gelede met die ma en haar seun ‘n ooreenkoms aangegaan om ‘n hond aan te hou, maar dat die hond nie vervang sou word, as die dier vrek nie.
Hy het aangedui dat mnr. Botha by hom in die kantoor is en dat hy die foon op luidspreker sit sodat die joernalis vrae kan vra.
Op die vraag of daar ‘n ultimatum gestel is aan die vrou en haar seun om die hond te verwyder, het mnr. Marais gesê dat hy weet dat daar ‘n jaar gelede vir hulle gesê is dat hulle nie die hond langer kan aanhou nie.
Hy het egter nie geweet of dit in die laaste ruk (voor die selfmoordpoging) weer herhaal is nie.
Daar was vele ander vrae, wat net mnr. Botha sou kon antwoord, maar mnr. Marais het aangedui dat mnr. Botha nie meer in die vertrek was nie en gery het. Mnr. Botha is wéér op sy selfoon gekontak, maar hy het nie geantwoord nie.
Lees meer hier:
Opvolg: Ontmande man se suster praat
(Waarskuwing) Grafiese inhoud: Man sny penis af met skerp mes
(Warning) Graphic Content: Man severs penis, scrotum, in suicide attempt
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
