CrimeNews

Verdagte vas ná gasbotteldiefstal in Middelburg

’n Man (39) is in Middelburg met gesteelde gasbottels vasgetrek, maar onlangse vrylatings van ander verdagtes laat steeds vrae ontstaan.

’n Verdagte is vroeg Saterdagoggend, 17 Oktober, in hegtenis geneem nadat drie gasbottels by ’n perseel in Middelburg gesteel is.

Mid Alarms se beheerkamer het omstreeks 05:05 beweging by ’n kliënt se perseel naby die silo’s in Samora Machelstraat opgemerk.

Volgens die veiligheidsmaatskappy was twee verdagtes by die diefstal betrokke. Reaksiebeamptes is na die toneel ontbied, waar een verdagte met twee gasbottels in sy besit aangekeer is.

’n Verdere ondersoek het gelei tot die opsporing van nog ’n gasbottel naby die treinspoor.

Die Middelburg-polisie het die verdagte in hegtenis geneem.

Observer het ’n navraag aan AO Nonhlanhla Mdluli van die Middelburg-SAPD gerig om vas te stel of die verdagte aangekla is en in die hof verskyn het.

Sy het bevestig dat ’n 39-jarige man Maandag in die Middelburg-landdroshof verskyn het in verband met ’n inbraak in Samora Machelstraat.

middelburg, mpumalanga high court, sentencing , sergeant kulu, murder, bail, witbank task team
Foto: Argief

Tien gasbottels is na bewering tydens die inbraak gesteel, waarvan drie reeds opgespoor is.
Die verdagte is borgtog geweier en die saak is tot 26 Oktober uitgestel.

Kol. Maria Ziqubu, die waarnemende stasiebevelvoerder, het haar opregte waardering uitgespreek teenoor die sekuriteitsmaatskappye wat onlangs ’n deurslaggewende rol gespeel het in die ondersteuning van die SAPD.

Dit sluit hul vinnige reaksie op voorvalle, die uitruil van misdaadintelligensie en hul aktiewe deelname aan operasies en misdaadvoorkomingspatrollies in.

“Sulke vennootskappe bewys dat veiligheid ’n gedeelde verantwoordelikheid is. Wanneer die SAPD, sekuriteitsmaatskappye en die gemeenskap koppe bymekaar sit, het misdadigers geen skuilplek vir die gereg nie,” het sy bygevoeg.

In soortgelyke voorvalle die afgelope twee weke is sake nie op die hofrol geplaas nie, en is die verdagtes vrygelaat.

  • Observer het op Vrydag, 2 Oktober, berig oor Middelburg se sogenaamde “Copper King”, wat met inbraakgereedskap betrap is. Hy is uiteindelik vrygelaat.
  • Verlede week, op Vrydag 16 Oktober, is daar ook berig oor twee verdagtes wat met vermoedelik gesteelde eiendom aangekeer en aan die Middelburg-SAPD oorhandig is. Hulle is egter later ook vrygelaat.
  • Dié week is daar nog twee verdagtes wat op die N4 in hegtenis geneem is met 101 gesteelde padrelings. Die saak is daarna ook laat vaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button