Dit wil lyk asof rooi en groen ’n wenkombinasie is: HTS Middelburg se rooi en Hoërskool Middelburg se groen.
Tukkies het vanjaar die Varsitybeker gewen met Christiaan Vlok en Ben Jansen van Vuuren in hulle geledere – die een ’n rooie en die ander ’n groene.
Nou het Toy Engelbrecht en Matthew Abbey geskitter by die Universiteit van Johannesburg se digitale rugbytoekennings.
- Toy is ’n Bul-losvoorspeler wat vir HTS Middelburg op flank uitgedraf het. Hy is aangewys as UJ se o. 21-speler van die jaar.
- Abbey is ’n talentvolle losskakel wat vir Hoërskool Middelburg uitgeblink het. Hy is aangewys as UJ se USSA-speler. van die jaar.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
