NewsUpdate

Opvolg: Polisie weier om naam bekend te maak

’n Roekelose bestuurder was waarskynlik verantwoordelik vir die dood van drie studente van die Noordwes Universiteit, Potchefstroom.

Die polisie het geweier om die naam bekend te maak van die man wat ’n trok verby gesteek en trompop met die studente gebots het op die N14 tussen Ventersdorp en Krugersdorp.

Die Observer het vasgestel dat hy reeds uitgeken is, maar vroue kaptein Lombaard van die Klerkskraal Polisiestasie het gesê dat sy met die ondersoekbeampte gepraat het en dat hulle nie die naam bekend gaan maak nie.

Geen rede is daarvoor verskaf nie.

Die bestuurder van dié voertuig, asook die drie studente, is noodlottig beseer.

Marquerite Brink en Elinda Booysen en die bestuurder van die ander voertuig is opslag dood, terwyl Rachelle-Mari Stofberg (oud-leerling van HTS Middelburg en Laerskool Middelburg) en Jeanette Theron, per helikopter na die Baragwanath Hospitaal afgevoer is.

Rachelle-Mari is met aankoms dood verklaar en Jeanette is sedertdien oorgeplaas na die Milpark Hospitaal waar sy in die intensiewe eenheid behandel word.

Al vier studente was besig met hul honneursgrade aan die Pukke.

Hulle was Vrydag oppad na Elinda se ouers in Pretoria toe die ongeluk plaasgevind het. Hulle sou haar verjaardag (sy het al op 16 Februarie verjaar) gaan vier.

Rachelle-Mari is Donderdag op haar 22ste verjaardag uit die Witkerk begrawe. Haar ma het gesê dat “ons haar op haar verjaardag vir die Here gee.”

Lees vorige stories hier:

Opvolg: Vier sterf in gru-ongeluk

Meisie op haar verjaardag begrawe

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button