News

‘Goeie’ Vrydag by die Middelburg DBV

Middelburg se gemeenskap staan saam om geriewe by die DBV op te skerp en diertjies lekker te bederf.

Vrydag, 19 Junie, was alles behalwe ’n gewone dag by die DBV.

Waar die personeel gewoonlik hul tyd aan die versorging van honde en katte wy, het verfkwaste, hamers en ’n span toegewyde vrywilligers dié keer die toon aangegee.

Die Middelburg en omliggende gemeenskap het saamgespan om geriewe by die DBV, ’n broodnodige opknapping te gee en terselfdertyd die organisasie se viervoet-inwoners behoorlik te bederf.

Foto: Carmia Jasnsen van Vuuren.

Teen sononder was die verandering sigbaar. Varsgeverfde mure, splinternuwe teëls, nuwe kaste en wasbakke het die geriewe ’n nuwe baadjie gegee, terwyl ’n sterk gevoel van gemeenskapsgees die dag afgerond het.

Volgens die DBV was dit veel meer as net nóg ’n Vrydag. “Die harte van omgee en gewilligheid van ons gemeenskap maak werklik ’n verskil.”

Selfs die viervpetvriende was opgewonde. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.

Die projek is deur Marie-Loe Scheppel en span gedryf, wat ondernemings en ondersteuners bymekaar gekry het om die personeel én die diere in hul sorg met ’n welverdiende opknappings te verras.

Kantore, kombuis en badkamers se verouderde vloere is met nuwe teëls vervang, die mure het ’n vars laag verf gekry, die kassies, wasbakke en rakke is ook verruil vir nuwes.

Die diere het nie met leë pote weggestap nie. Meer as 70 nuwe hondebeddens, sagte komberse, katkos en ander benodigdhede is geskenk.

Die gemeenskap het MIddelburg-DBV behoorlik bederf met verrassings vir die diere. Op die foto is Middelburg-DBV se Petro Oberholzer, Corrie van Rooyen en Michelle Bolleurs, Ooba Homeloans se Etrecia van Dyk, Jana Coetzee, Marie-Loe Scheppel, Lovidia de Beer, Annamarie Smit, Lenie Steyn, Magriet Wilkens, Elsie Mokwena, Mapule Shongwe en Charmaine van der Merwe, CTM Middelburg se Sheldon Truter, Stephen Kalane en Sipho Tshehla, Nedbank se Tumelo Matlou, Shiedo Ndlovu, Munene Ngoveni, Nhlakanipho Mabuza, Goodness Hadebe, Hester Mc Dougall, Margaret Ndala, Sibusiso Mahlangu, Thembisile Dladla en Confidence Khoza, en MTN se Lethabo Ntlhoro en Samantha Swart. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.

Terwyl die opknappings aan die gang was, is die talle helpers deur die dag met kos en verversings bederf.

Plaaslike ondernemings het die projek ondersteun deur om alles vir die dag insluitend teëls, wasbakke, kombuiskaste, verf, hardeware, hondebeddens, komberse en katkos en vele meer te verskaf.

Lees meer en sien die resultaat van die Middelburg-DBV se opknappings in die volgende uitgawe van die Middelburg Observer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button