News

(Opvolg) Video: Vroue praat oor polisie kaptein

Verskeie vroue het die week na vore gekom en bewerings van seksuele aard gemaak teenoor polisie kaptein Awie Geldenhuys.

Geldenhuys is in die spervuur nadat dit bekend geword het dat hy ’n meisie, wat hy op sy rug by ’n kuierplek uitgedra het, langs die pad gelos het.

Sy is in die oggendure deur ’n fietsryer gekry waar sy bebloed en deurmekaar op die sypaadjie gelê het.

’n Vrou het ook na vore gekom en gesê Geldenhuys lieg oor ’n geveg waar sy die beskuldigde is en hy ook saam met ’n vriend betrokke was. Sy het videomateriaal voorsien om haar kant te staaf.

Van die bewerings word in vandag se Middelburg Observer gepubliseer.

• Geldenhuys het, toe hy vanoggend gebel is, gesê hy wil nie kommentaar lewer op enige van die beskuldigings nie.

Lees vorige stories hier:

Kaptein het meisie afgelaai

Video: Ondersoek na meisie langs pad

Vrou langs pad gekry

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

Back to top button