Opvolg: Moord ‘n huisroof volgens polisie
Daar is nog geen vordering gemaak in die Wesstraat moord van mnr. Norman Aarons in Oktober 2015 nie.
Die polisie het verlede week die skokonthulling gemaak dat die moord nie as hoofklag op hulle sisteem geregistreer is nie, maar as huisroof.
Mnr. Aarons is die aand van die roof voor sy vrou, Elsa, sy dogter Andrea, en sy vyfjarige kleinseun Liam, in sy slaapkamer doodgeskiet.
Hy was op die punt om die kluis in sy hangkas vir een van die vier rowers oop te sluit, toe ‘n ander skielik om die deur loer en mnr. Aarons skiet.
Na mnr. Aarons geskiet is, het die rower sy liggaam voor die hangkas weggeskop om by die kluis uit te kom.
Daarna het die roofbende te voet deur ‘n veld naby mnr. Aarons se huis, Mhluzi se kant toe gevlug met beursies, selfone en ‘n skootrekenaar.
Read previous story here:
Breadwinner killed in house robbery
