News

Lyk by Mall gekry

Die lyk van 'n jong man is Maandagoggend in die badkamers by die Middelburg Mall gekry.

Volgens inligting van omstanders is die liggaam van ‘n man, wat in sy 20’s geskat word, deur ‘n skoonmaker in die badkamer in die nuwe uitbreiding van die inkopiesentrum gekry.

Onbevestigde inligting lei dat die man se voertuig reeds sedert gister in die parkeerarea staan.

Die liggaam is kort voor druktyd uit die gebou verwyder. Die Middelburg Mall se bestuur kon nie betyds kommentaar lewer oor die voorval nie.

Die man se identiteit was nie teen druktyd bekend nie, omdat sy naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

Lees verwante stories hier:

Body wrapped in blanket found at Avontuur

Body found floating in quarry

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button