NewsBreaking News
Video: Polisie vat misdaad vas
Die polisie se misdaad intervensiegroep onder leiding van brig. Moses Bolton het vanoggend ’n spesiale optrede gehad in Nasaret en Uitbreiding 24.
Van ligdag af het polisielede van al die verskillende eenhede van die polisie voertuie afgetrek en deursoek en ook huise in beide uitbreidings is deursoek.
Volgens adj. Lize de Wit het die polisie nege ongeïdentifiseerde middels gevind, wat na hul forensiese afdeling gestuur sal word vir ontleding om te bepaal wat se dwelms dit is.
• Teen tyd van plasing was daar nog geen arrestasies gemaak nie.
Sien video hier:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



























