Olifantsrivier brug weer gesluit
Die N11 sal by die Olifantsrivierbrug gesluit wees vanaf Dinsdag, 5 April, om 07:00 tot Vrydag, 8 April, om 07:00.
As gevolg van die giet van beton op die brugdek sal dit nodig wees om die pad vir ’n tydperk van drie opeenvolgende dae te sluit.
Dit is nodig om die pad te sluit, aangesien voertuie vibrasies veroorsaak. Sluiting van die brugdek, sal die beton kans gee om te verhard. Dit sal nodig wees om die brugdek te sluit, elke keer wanneer beton gegiet word.
Motoriste kan van die Maleoskoppad gebruik maak.
Die skedule vir padsluitings by Kranspoortpas op die N11 vanaf 4 tot 10 April verloop soos volg:
• 90 Minute vertragings kan op Maandag en Vrydag verwag word, vanaf 09:00 tot 16:00.
• Dinsdag, Woensdag en Donderdag sal die pad gesluit wees van 11:00 tot 15:00.
• Saterdag en Sondag sal die pad oop wees, behalwe vir die normale stop-en-ry vertragings.
