News

Geen papier, geen lisensies

Daar is steeds nie papier beskikbaar by die munisipaliteit vir die druk van voertuiglisensies nie.

Die krisis sal tydens ‘n vergadering tussen die munisipaliteit en provinsiale regering, wat die papier lewer, bespreek word.

Beloftes dat papier Vrydag sou opdaag, is nie nagekom nie.

“Dis voorwaar ‘n krisis, maar ons kan net doen wat ons kan doen,” het die waarnemende munisipale bestuurder, mnr. Mandla Mnguni, Maandag aan die Observer gesê.

Hy sê dit is ‘n provinsiale probleem is, en tans weet die munisipaliteit nie wanneer papier wel afgelewer sal word nie.

“Ons het op dié stadium geen antwoorde vir die publiek nie, en as munisipaliteit kan ons net verskoning vra vir die ongerief, wat ongelukkig buite ons beheer is,” sê mnr. Mnguni.

Volgens me. Marilette du Preez sit sy nou met ‘n R500 boete omdat haar motorlisensie verval het.

“Eers was daar die staking, en nou die papier tekort,” kla sy, en las by dat hulle ook met vakansie was, en derhalwe nié in hierdie tyd die lisensie kon hernieu nie.

“By die lisensiekantore trek hulle bloot skouers op en sê ‘jammer hier’s nie papier nie,’ wat staan ons nou te doen?” vra me. Du Preez met hande in die hare.

Tydelike lisensies word ongelukkig ook op die spesiale papier gedruk, en kan ook nie uitgereik word nie.

Die www.mobserver.co.za het met mnr. Joseph Mabuza, segsman van die provinsiale veiligheid en sekuriteits departement gepraat, maar hy is nie bewus van enige papier tekorte nie.

Hy sê papier word slegs gelewer na betaling, en dat daar dalk ‘n finansiële rede agter die tekort sit.

“Munisipaliteite bestel gewoonlik net dit wat hulle nodig het, en soms gebeur dit dat nuwe bestellings gemaak word, alvorens vorige rekeninge vereffen is,” verduidelik mnr. Mabuza.

“Ek sal die saak ondersoek,” het hy gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button