Opvolg: Baba X kry pappa en mamma
Van 'n hoop bourommel tot 'n gelukkige huis... Dit is die verhaal van Baba X wat landwyd die harte aangegryp het nadat haar ma, die weerlose baba pas na geboorte, langs die treinspoor in koerantpapier toegedraai, agtergelaat het vir die dood.
Haar kermgeluidjies het ‘n tiener wat kortpad deur die veld gevat het, se ore bereik, en hy het die polisie ontbied.
Haar bewende lyfie is tussen skouerlengte gras tussen bourommel gevind.
Weens haar ontbering in die koue naglug, het die dogtertjie se longontwikkeling ‘n knou gekry.
‘n Pediater het haar egter vroeg vanjaar gesond verklaar, en ‘n ouerpaar is gevind.
Die uMephi Babahuis was tot Februarie vanjaar nog Baba X se wettige voog.
‘n “Oulike, welaf egpaar van Gauteng,” het Baba X aangeneem sê maatskaplike werker, me. Sumari Rootman. “Baba X het dadelik ‘n sterk band met haar nuwe mamma gehad”.
Vanjaar is veral dogtertjies in aanvraag onder aanneem ouers, terwyl seuntjies verlede jaar weer meer uitgeplaas is.
“Dis ‘n vreemde ding waarvoor ons nie antwoorde het nie,” sê me. Rootman.
“Baba X is in goeie hande,” sê sy.
Read related stories here:
(Warning Graphic Content): Baby dumped by mother survived unscathed
Video: Voor die wind met Koningskind
Update: Baby X in place of safety
Video: The baby’s hero in blue
Send a message to Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
