Dis ‘Obies’ en kaggel
Net soos die res van die land is Middelburg tans gewikkel in ’n yskoue wintersgreep, die eerste ‘ordentlike’ een hierdie winter, sal die weerprofete jou wysmaak.
Te danke aan die ysige weer vlieg hout en Old Brown Sherry van die rakke af soos wat een b-b-b-bibberende inwoner, wat om respektabele redes nie sy naam genoem wil hê nie, kom vertel het.
Hy was by die Chinese se drankwinkel in Proteastraat om te gaan hout koop.
Gister nog was daar ’n hoop hout, tot teen die dak gestapel, teen ’n billike prys te koop. Vandag is daar net ’n paar splinters op die grond oor soos wat kaggeleienaars die hout kom opkoop het.
Hy vertel hoe die werkers in die winkel heen en weer oor die drankwinkel se vloer draf om OBS van die rak af na die deurry venster toe aan te dra.
Dis nou vir kliënte wat nie kans sien om hul motors te verlaat en die koue nat weer aan te durf van die parkeerarea tot binne in die winkel nie.
Carlos Campanario, van Eastdene Dranwinkel, sê dat hy ’n toeloop van voete op soek na sjerrie en port verwag vanmiddag.
“Ons bestel elke jaar in die koue maande meer van die tipe drank omdat die verkope toeneem. Daar was al vorige jare wat die drankverskaffers uit voorraad uitgehardloop het so jy moet seker maak jou bestelling is betyds in.”
Lees ander nuus hier:
Child found dead, father sought by police
Oscar Pistorius ‘to depressed’ to testify’
Pistorius faces lengthy jail term for lover’s murder
