News

Oscar en die taak

Vyf jaar gelede moet die laatlam ’n taak doen, ’n taak oor ’n bekende persoon. Oscar Pistorius was op die kruin van die golf: Wêreldrekords, mooi meisies aan sy sy, die media het tou gestaan om oor sy merkwaardige lewe te berig.

Pa kan mos skryf? En Pa bel toe vir Oscar, Oscar Pistorius, een van die bekendste mense in die land, BBP.

Oscar is vriendelik, behulpsaam, gee al die nodige inligting, vra verskoning vir sy effens vrot Afrikaans en sê sterkte met die taak.

Gee tot sy selnommer.

Jy dink: “As alle Baie Belangrike Presone, maar soos Oscar kon wees”.

Die taak word aangevul met Oscar foto’s en sy lang lys rekords wat die wêreld verstom het, die Blade Runner, die man wat sonder bene vir hom ’n lewe oopgehardloop het na roem.

Die Afrikaanse juffrou dink ook die taak is spesiaal en gee hom volpunte.

En nou lê daardie taak in ’n laai en stof vergader, iewers in die huis… en Oscar veg om sy vryheid in die hooggeregshof.

En Oscar se selnommer is die nommer van wie? ’n Moordenaar? Die mees vergruisde mens in Suid-Afrika? Die tronkvoël? Die atleet sonder bene en sonder ’n loopbaan?

Vir my is hy net Oscar!

Die Baie Belangrike Persoon wat gehelp het met my seun se taak.

 

Lees vorige stories hier:

Oscar Pistorius ‘to depressed’ to testify’

Pistorius faces lengthy jail term for lover’s murder

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button