News
Valskermspringer se vriend sterf in ongeluk
’n Valskermspringer, wat twee jaar gelede ernstig beseer is nadat ’n landing verkeerd geloop het, is ernstig beseer in ’n motorongeluk, wat sy vriend se lewe geëis het.

Brian Boynton, ’n oudleerling van Hoërskool Middelburg en sy boesemvriend, Donovan Roberts, was volgens mnr. Boynton se vrou, Vlooi, Dinsdagaand op pad met boumateriaal na Kosibaai, waar hulle onlangs grond gekoop het.
Mev. Boynton sê dat hulle vermoed die voertuig se wiel het los gekom of af gebreek en die ongeluk veroorsaak.
Mnr. Roberts is op die toneel dood verklaar en mnr. Boynton is ernstig beseer.
Lees vorige storie hier:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
