News

Moes luiperd al in die oë kyk

Een van Middelburg se bekendste uitvoerprodukte is nie staal nie, dit is sy jong mensemateriaal!

Jan is beroemd vir sy kos in Frankryk en nou het die dorp een van die beste veldgidse in die land opgelewer.

Pierre Mouton, oud Hoërskool Middelburg leerling, het onder die top ses safari-gidse in Suid-Afrika geëindig, tydens die Safari-gids van die Jaar kompetisie.

By die Veldgids Vereniging van Suid-Afrika (FGASA) se jaarlikse kompetisie, word ’n aantal gidse genomineer deur mense in dié industrie waarvan 20 finaliste gekies word. Die 20 finaliste voer dan ’n onderhoud met die organiseerders wat ses finaliste kies.

“Die ses van ons het vir vyf aande ’n byeenkoms bygewoon waar ons geassesseer is deur bekendes in die industrie soos James Steyn, Juan Pinto, Grant Hine, Brian Serrao en Marc Lindsey. Ons word beoordeel volgens ons spoorsny, storievertelling, voëlkennis, wildritte, bos-uitstappies en gevorderde wapenhantering.”

Hoewel Jaco Buys as die algehele wenner weggestap het, is dit steeds ’n groot eer om onder die top ses gidse in die land tel.

Mnr. Mouton se loopbaan as safari-gids het in 2009 begin nadat hy aan die Universiteit van Johannesburg sy BA-graad in Sportsielkunde voltooi het.

“Dit was vir my belangrik om ’n graad te hê, maar die bosveld het my bly roep. Ek’t nooit besluit om ’n gids te word nie, want ek glo God het dit vir my so bestem. Dit is die onvermydelike aantrekkingskrag van die bos en liefde vir mense wat my in dié industrie hou.”

Hy het by Entabeni Game Reserve in die Waterberge begin waar hy later as senior bewaarder aangestel is.

“Daarna het ek na Thornybush gegaan en vier maande later het in 2012 by SabiSand Lodge Simbambili aangesluit. In 2014 het ek die geleentheid gekry om na Ulusaba Lodge, wat deur Sir Richard Branson besit word, te skuif en ek is steeds daar.”

Mnr. Mouton se gunsteling deel van sy werk is om mense se lewensdrome te sien waar word.

“Hulle gesigsuitdrukkings wanneer hulle vir die eerste keer ’n olifant of leeu sien is ongelooflik. Om uiteindelik iets te sien waarvoor hulle dalk al vir jare gespaar het en dalk net een kans sal kry om te ondervind – dít maak my werk.”

Hy vertel dat ’n gids se werk nie altyd só gevaarlik is soos wat die meeste mense dink nie, maar wanneer hy en sy spoorsnyer, Orange, diere te voet gaan soek, raak dit nogal woes.

“Ek is al deur al die Groot Vyf diere storm geloop, maar die een keer wat ek nooit sal vergeet nie, was toe ’n mannetjie luiperd my van twee meter af gestorm het!”

Een van die snaaksste dinge wat al met hom gebeur het, was toe ’n slang op sy kop geval het.

“Ek mag dalk so klein gilletjie gegee het…”.

Enige persoon wat vir die eerste keer op safari kom, is hy mal oor omdat hulle opgewondenheid aansteeklik is.

Sy top top drie bestemmings wat hy aanbeveel is Sossusvlei in Namibië, St. Lucia en natuurlik Ulusaba Sabi Sands.

Buiten vir safari-gids wees, hou hy homself met fotografie besig.

“My stokperdjie is beslis fotografie en ek het ook ’n fotografie-bladsy op Facebook: Pierre Mouton Out ’n Wild.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button